Ons het Jesus lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het. Ons lewe in reaksie op die openbaring van wie Hy is, en ons hoop lê alleenlik daarin dat Hy die goeie werk wat Hy in ons begin het, sal voleindig.


ONS VISIE

Ons hartklop is om God te eer deur mense te dissipel in Sy woord, krag en teenwoordigheid.

GROTER FAMILIE

Kruislig vorm deel van die groter Every Nation familie, wat se visie is om Christus gesentreëde, Gees bekragtigde en sosiale verantwoordbare kerk in elke nasie te plant.


ONS STORIE

Every Nation Kruislig is in Oktober 2007 deur Riaan en Annelle Botha met 'n connect groep by hulle huis begin. Daar het net een persoon daardie aand bygewoon. Die connect groep het geleidelik gegroei en Kruislig se eerste diens was op Sondag die 17de Februarie 2008 gehou.

Aan die einde van 2019 is die gemeente se leierskap oorgehandig aan André en Marite de Jager. Met ‘n groot liefde en ontsag vir die Here dien hulle die gemeente vol geloof en ywer.

Die Here het die gemeente geseën en ons het sterk gegroei in ons liefde vir God en mekaar, ons kennis van en toewyding tot die Woord en ons begeerte om deur God gebruik te word om Rustenburg te verander – een lewe op ’n slag!


ONS SPAN

Met 'n toegewyde span en passievolle mense soos U wil ons groei in ons liefde vir God en mekaar en begeer ons om deur God gebruik te word om Rustenburg te verander – een lewe op 'n slag.

André & Marite de Jager
Lead Pastoor

Conrad & Mariette Schuch
Ouderling

Johann & Diana Kleyn
Ouderling

Ian & Doreen Straarup
Ouderling

Len & Marlene Dobie
Ouderling


Deborah de Beer
Pastoraal & Vrouebediening

Petronel Duvenhage
Admin & Kantoor

Tristen & Anske Bourne
Skoolbediening & Kinderherder

Bianca Engelbrecht
Finansies: RTC

Achim West
Rekenmeester

Martin de Vries
Terreinbestuurder

Daylinn Breitenbach
Media & Admin

Ané van der Merwe
Kinderherder & Admin

Michelle Ras
Admin: RTC

Gerhard & Tarien van der Merwe
Skolebediening

Keis Bezuidenhout
Klank

Jayme Knoezen
Jeug

Sharisca Mollentze
Kinderherder

 

Wilmi Jordaan
Media & Admin