Ons het Jesus lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het. Ons lewe in reaksie op die openbaring van wie Hy is, en ons hoop lê alleenlik daarin dat Hy die goeie werk wat Hy in ons begin het, sal voleindig.


Ons ViSie

Ons hartklop is om God te eer deur mense te dissipel in Sy woord, krag en teenwoordigheid.


Groter familie

Kruislig vorm deel van die groter Every Nation familie, wat se visie is om Christus gesentreëde, Gees bekragtigde en sosiale verantwoordbare kerk in elke nasie te plant.


ONS STORIE

Every Nation Kruislig is in Oktober 2007 deur Riaan en Annelle Botha met 'n connect groep by hulle huis begin. Daar het net een persoon daardie aand bygewoon. Die connect groep het geleidelik gegroei en Kruislig se eerste diens was op Sondag die 17de Februarie 2008 gehou.

Aan die einde van 2019 is die gemeente se leierskap oorgehandig aan André en Marite de Jager. Met ‘n groot liefde en ontsag vir die Here dien hulle die gemeente vol geloof en ywer.

Die Here het die gemeente geseën en ons het sterk gegroei in ons liefde vir God en mekaar, ons kennis van en toewyding tot die Woord en ons begeerte om deur God gebruik te word om Rustenburg te verander – een lewe op ’n slag!


ONS SPAN

Met 'n toegewyde span en passievolle mense soos U wil ons groei in ons liefde vir God en mekaar en begeer ons om deur God gebruik te word om Rustenburg te verander – een lewe op 'n slag.

 

André & Marite de Jager

Pastoor

Deborah de Beer

Pastoraal & Vrouebediening

Achim West

Rekenmeester

Sharisca Mollentze

Kinderherder

Conrad & Mariette Schuch

Ouderling

Henro Pretroius

Multimedia

Jayme Knoezen

Jeug

Martin de Vries

Terreinbestuurder

Johann & Diana Kleyn

Ouderling

Petronel Duvenhage

Adminstrasie & Kantoor

Tristen & Anske Bourne

Skoolbediening & Kinderherder

Ian & Doreen Straarup

Ouderling

Julie de Beer

Adminstrasie & Sosiale Media

Keis & Sania Bezuidenhout

Klank & Kinderherder