Leefgroepe is ’n weeklikse geleentheid waar families saam kom om mekaar geestelik te ondersteun en te groei. Dit bied 'n ruimte vir mense om hul geloof te deel, vrae te vra, en saam te bid.

Vir Kruislig beteken dit om 'n geestelike familie te hê wat jou in jou reis ondersteun, jou aanmoedig in moeilike tye, en saam te werk aan die doel van geestelike groei. Hierdie gemeenskappe skep 'n gevoel van behoort en verbind die lede op 'n dieper vlak, wat hulle help om sterker in hul geloof te staan en mekaar te versterk in die liefde van Christus.


Kobus en Deborah de Beer lei die Tribe groep. Hierdie leefgroepe is vir jong families tussen 18-35 jaar oud.

Conrad en Mariette Schuch lei die Chiefs groep. Hierdie leefgroepe is vir families tussen 35 en 50 jaar oud.

Nico en Alida Otto lei die Legends groep. Hierdie leefgroepe is vir families bo 50+.