ONS OORTUIGINGS

Ons glo in die Drie-enige God. Ons glo dat Jesus uit 'n maagd gebore is. Ons glo dat Hy gekruisig is en dat hy na drie dae opgestaan het. Ons glo dat Hy opgevaar het en aan die regterhand van God sit. Ons glo dat Hy weer terug gaan kom vir Sy bruid. Ons glo dat almal wat deur die genade van God geregverdig is, deur geloof in Jesus Christus wedergebore is en daardeur kinders van God geword het. 

Ons glo in die doping met die Heilige Gees, waardeur elke gelowige bekragtig en toegerus word vir dienswerk, die gawes en die gemeenskap van die Heilige Gees, en die Godgegewe bediening van die Apostel, Profeet, Evangelis, Pastoor en Leraar.

JESUS DIE BEGIN EN VOLEINDER VAN ONS GELOOF.

Jesus

Jesus Christus is die Seun van God. Hy het as mens gelewe, gesterf en opgestaan uit die dood, om ons met God te versoen, en ons die mag te gee om kinders van God genoem te word. Hy is die enigste weg, waarheid en lewe, en niemand kan tot die Vader kom, behalwe deur Hom nie. Hy is ons eerste liefde, en ons enigste hoop. Ons hartsbegeerte is om Hom te volg en ander te help om dit ook te doen.


Sy dood

Jesus is gekruisig, het gesterf en is begrawe. Hy het Homself gewilliglik onderwerp aan die wil van Sy Vader, en is as die Lam van God vir eens en vir altyd geoffer as volledige betaling vir die sonde van die mensdom. Sy woorde aan die kruis, “dit is volbring”, weergalm deur die hele skepping en deur alle generasies as bevestiging van God se finale en afgehandelde reddingsplan.


Sy opstanding

Jesus is op die derde dag deur die krag van God uit die dood opgewek, en Hy is daardeur bevestig as die Seun van God. Hy het die sonde en dood oorwin, en vir elkeen wie Hom aanroep ‘n ewige hoop bewerkstellig. Jesus se opstanding is deur engele verkondig en deur ooggetuies bevestig. Dieselfde krag wat Jesus uit die dood opgewek het, is vandag deur die Helige Gees werksaam in die wie hulle hoop en geloof in Chritsus is plaas.


Sy koninkryk

Jesus het deurgaans die koninkryk van God verkondig, en ons aangemoedig om bo alles in die lewe, allereers, Sy koninkryk te soek. Hy is die Koning van hierdie ryk waarin Sy gesag erken en Sy wil nagevolg word. Die burgers van hierdie koninkryk is die wie in regte verhouding met God lewe en wie se lewens gekenmerk word aan die vrede en blydskap wat voortvloei vanuit hierdie verhouding.


Sy wederkoms

Jesus se koninkryk is ewig en Sy wederkoms seker. Dit wat tydelik is, sal verbygaan en dit wat ewig is, sal bly. Daar sal ‘n dag wees wanneer Christus sal terugkeer, nie weer as ‘n baba in ‘n stal nie, maar as die Koning van konings en die Here van here. Elke knie sal buig en elke tong sal bely dat Jesus die Here is. Vir ons as gelowiges is die wederkoms van Jesus ‘n wonderlike verwagting en ons almal roep heelhartig uit: “Kom, Here Jesus! Kom!”

SY KERK

Dit is uiters belangrik dat ons ‘n Bybelse perspektief moet hê van wat die Kerk is . Vir baie van ons verteenwoordig die woord “kerk” ‘n gebou met ‘n kruis op met ongemaklike sitplekke. Die Nuwe Testamentiese woord vir “kerk”, ecclesia, verwys altyd na ‘n byeenkoms van gelowiges, nie ‘n gebou nie. Die Kerk is nie ‘n weeklikse bymekaarkoms of ‘n godsdienstige organisasie nie, maar ‘n familie van gelowiges wat verenig is in hulle doelwit om God te eer.


DIE KERK IS:

Mense, nie ‘n plek nie.

1 Petrus 2:5

‘n Liggaam, nie ‘n gebou nie.
Efesiërs 4:16

‘n Weermag, nie ‘n gehoor nie.
Efesiërs 6:10-13

Lewend & kragtig, nie dood en vervelig nie.
1 Korinthiërs 2:4-5

‘n Geestelike familie, nie ‘n godsdienstige organisasie nie.
Efesiërs 2:19-20

DIE NUWE TESTAMENT KERK:

 ‘n Geestelike gebou wat met lewende stene (mense) gebou word. 
1 Petrus 2:5

 ‘n Liggaam wat uit baie dele bestaan.
1 Korinthiërs 12:12-28

‘n Bruid wat voorberei vir haar huweliksdag.
Openbaring 19:7

Verhoudings, nie rituele nie.
Mattheus 5:23-24