Diensbaarheid
Die gesindheid van Christus is ‘n gesindheid wat meer gesteld is daarop om te dien, as om gedien te word. In die woord (Filippense 2) word ons as gelowiges aangemoedig om dieselfde gesindheid van diensbaarheid te openbaar.
Raak betrokke by een van die volgende bedieningsareas.
Worship Span
Aanbidding is meer as net sing, dit is ‘n wapen. Indien jy musikaal ook is, tel op jou swaard en raak betrokke by die worship span.
Kinderkerk
As jy 'n hart vir kinders het, kom dien saam by die kinderkerk op Sondae oggende. Dissipel die volgende generasie.
Klank
Aanbidding en woord benodig albei 'n goed ingestelde oor vir uitnemende afronding. Dien die gemeente in die klankspan as jy 'n oor het wat kan hoor.
Multi Media
Die multi media span vat verantwoordelikheid vir al die media platvorms by Sondae dienste. As jy 'n rekenaar kan aansit, is die multi media span 'n great area om verantwoordelikheid te vat op Sondae.
Koffiebediening
Die koffiearea skep goeie geleenthede om te kuier en om diensbaar te wees in die koninkryk. Raak deel van die koffie bedieningspan.
Helper ( “Usher” )
Vriendelikheid en behulpsaamheid is die hartklop van hierdie bediening. Hier help ons die Rustenburg-gemeenskap om 'n gemaklike area te skep vir mense om te kan fokus op die Here.
Hospitaalbediening
Die Hospitaalbediening is een van die areas waar jy betrokke kan raak om uit te reik na verlorenes in ons dorp. Raak deel van hierdie bediening om die groter gemeenskap van Rustenburg te dien.
Set-up
As agter die skerm dien vir jou gemakliker is, raak deel van die klein set-up familie. Daar is altyd 'n vraag na helpende hande, so moenie huiwer om betrokke te raak by die set-up bediening nie.
Jeug
Die hartklop van die Jeugbediening is om te lewe in reaksie op God se liefde vir ons, en toe te laat dat Hy mense deur ons sal liefhê. Kom kuier vir ons en sien of dit is waar jy wil betrokke raak.
Connect area
As vriendelikheid en behulpsaamheid jou beskryf is hierdie jou bediening. Hier help ons die familie met informasie, voorsiening van CD, boeke en die nuutste events.