Ons as gemeente staan verantwoordelik teenoor die Here vir elke siel wat Hy aan ons toevertrou. Ons neem hierdie verantwoordelikheid en voorreg nie ligtelik op nie. Wanneer jy deel word van die Kruislig-familie is dit ons voorreg om hande te vat met jou en jou te help op jou geestelike reis.


  • Be Engaged

Copy of Hartlik welkom.png

Stap 1

Om in geloof te groei is ‘n intensionele besluit. Dit is beide jou en ons verantwoordelikheid om mekaar te help in hierdie geloofsreis. Jou verantwoordelikheid is om die eerste stap te vat:

Besoek die “nuut hier” stasie tydens ons dienstye of kontak die kerkkantoor

Vul in ‘n vorm - Kliek hier


  • Be Established

ESTABLISH.png

Stap 1

Familie

Geestelike familie is waar jy die geleentheid gaan kry om ‘n persoonlike pad van dissipelskap te stap met mense wat vir jou lief is, jou lei, jou verantwoordbaar hou en die lewe saam jou geniet, asook waar ons onsself bruikbaar kan maak en kan dien in die Here se Koninkryk.

Join ‘n Connect groep - klik hier
Om te Volunteer - klik hier

Stap 2

Waarheid

Jesus het gesê sy volk gaan ten gronde weens ‘n gebrek aan kennis en dit is belangrik dat jy nie net verstaan wat die Woord ons leer nie, maar ook ‘n dader van die woord sal wees. ‘n Vaste fondasie word gelê met behulp van:

ONE2ONE & Purplebook

beskikbaar by die Connection corner op Sondae of by die kerkkantoor


STAP 3

VRYHEID

Een van die fondsasies wat ons graag in jou lewe wil vaslê is vryheid. Ons doen dit deur ons Victory Training Naweek. Hy wie die Seun vrymaak sal waarlik vry wees.


  • Be Equipped

 
EQUIP.png

STAP 1

Growth weekend

Is ‘n naweek van diep groei vir jou en jou gesin. Op so naweek sal verskillende kursusse aangebied word in verskillende lokale waar jy by een van die kursusse kan deel wees.



Kursusse:

Victory training & kids victory training

Een van die fondasies wat ons graag in jou lewe wil vaslê is vryheid. Ons doen dit deur ons Victory Training Naweek vir volwassenes en kinders. Hy wie die Seun vrymaak sal waarlik vry wees.


Voorvereiste: Moet reeds One2One saam iemand voltooi het.

Marriage Experience

Huwelike is belangrik vir God so dis belangrik vir ons. In die Marriage experience maak ons weer belangrike bybelse fondasies vas wat jou huwelik vorm.

Voorvereiste: Moet getroud wees.



Hearing God’s Voice

Hierdie kursus sal jou help om God se stem te herken; sal jou help om te groei in jou verhouding met God; sal jou vermoë verhoog om gepas op situasies te reageer; sal jou help om uit te reik na ander deur God se hart en liefde vir hulle te deel. Die program is vir enige iemand wat God se stem meer duideliker wil hoor en wil groei in die gawe van profesie.

Voorvereiste : Moet reeds Victory training voltooi het.


Let’s Pray

Deur gebed berei ons die grond voor vir die bevestiging van die Koninkryk van God in en deur ons. Gebed bemagtig ons om die opdragte van God op aarde na te kom. Hierdie kursus gaan jou dieper vat in jou gebedslewe

Voorvereiste: Moet reeds one2one saam iemand voltooi het.

STAP 2

KONINKRYKSKOOL & LEADERSHIP 215

Om God se Woord toe te vertrou aan manne en vroue wat getrou sal wees om wat hulle geleer het aan ander te leer. Koninkrykskool & Leadership 215 is nie net gerig om ander Christene God se woord te leer nie maar om ander Christene te bekragtig om ander te leer.

Daar sal vanaf Februarie tot November klasse op Sondaemiddae aangebied word.

STAP 3

Lifestages

Lifestages gaan ‘n sessie wees waar ‘n leier jou gaan help equip deur sekere lewens fase wat jy tans deur gaan. Ons seisoene verander gereeld en die sessies help jou om met hierdie uitdagings te deel.

Meer inligting sal deur gegee word oor wanneer hierdie sessies sal plaasvind.


  • Be Empowered

EMPOWER.png

STAP 1

Begin ‘n leefgroep

Die lewe van ons gemeente gebeur in ons leefgroepe, dit is ook die primêre plek waar dissipelskap en leierontwikkeling gebeur. As gemeente wil ons almal bekragtig om dissipels te maak, Connectgroepe te lei en kerke te plant.

“run your lane”

Beoefen jou gawes, dien jou hart uit.