Vanaf die parkeerterrein tot by die kansel. Mense getuig deurlopend van die teenwoordigheid van die Here en die tasbare realiteit van Sy liefde onder ons. Ons begeerte is dat elke helper, musikant, kinderherder en leraar deur die liefde van Christus gedring sal word en Hom in alles sal eer, nie net in wát ons doen nie, maar in hóé ons dit doen.

Jy is welkom

Ons besef dat om ‘n gemeente vir die eerste keer te besoek , baie intimiderend kan wees, maar jy hoef nie bekommerd te wees nie. Ons gaan jou nie vra om te staan, jou hand op te lig of enigiets te doen wat jou blootgestel sal laat voel nie. Kom drink 'n koffie saam met ons.

Ons kleredag is jou kleredrag.
Ons stel meer belang in mense se harte as wat ons besorg is oor hulle uiterlike voorkoms.
Voel vry om aan te trek wat vir jou gemaklik is.

 

Adres en Dienstye

Plot 305, R24, Waterkloof, Rustenburg, 0299
Sondae: 09:00

 
 

Hoe sondae lyk

Ons aanbiddingspan lei ons elke Sondag in aanbidding, en ons boodskap is gemiddeld so 40 minute lank. Na die diens kuier ons saam met ‘n koffie in die hand en ons sien uit om jou te leer ken.

Ons begeerte is dat jy Jesus sal leer ken en liefhê, en dat jy sal toelaat dat Hy Homself deur jou aan ander bekend maak. Dit sal vir ons ‘n voorreg wees om deel te hê in jou geloofsreis.


Kinderkerk

Leer 'n jongmens om die regte pad te kies, en wanneer hy eendag oud is, sal hy nie daarvan afwyk nie. Spreuke 22:6

Weet verseker, by KRUISKIDS hou ons nie die kindertjies besig nie, ons maak hulle volgelinge van Jesus (dissipels).

Ons doel is om elke kind wat aan ons toevertrou word wedergebore en Geesvervuld die wêreld in te stuur, sodat hulle van jongs af Sy stem kan ken en Sy wil kan uitleef.

Kontak Sania vir enige navrae 0825568547.

Jeugkerk

Die hartklop van die Jeugbediening is om te lewe in reaksie op God se liefde vir ons, en toe te laat dat Hy mense deur ons sal liefhê.

Ons wil graag tieners help om dissipels (volgelinge van Jesus) te wees en dissipels te maak in elke skool in Rustenburg.

Ons probeer om 'n energieke omgewing te skep waar elke tiener veilig hulle geloof kan ontdek en beoefen.

Ons wil Jesus volg.
Ons wil lewe binne 'n geestelike familie.
Ons wil uitreik na ander.

Kontak JAYME vir enige navrae 0728704052.