Gee leiding aan ‘n jongmens oor hoe hy moet leef,
en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.
— SPREUKE 22:6 AFR83

Kruiskids

Weet verseker, by KruisKids hou ons nie die kindertjies besig nie, ons maak hulle volgelinge van Jesus deur hulle te dissipel.

Ons doel is om elke kind wat aan ons toevertrou word wedergebore en Gees vervuld die wêreld in te stuur, sodat hulle van jongs af Sy stem kan ken en Sy wil kan uitleef.


DSC_4335 copy.JPG
 

Tannie Sania staan aan hoof van die kinderkerk en haar passie na Jesus, is kinders. Sy gaan die ekstra myl en dink altyd buite die boks. Haar liefde vir kinders is aansteeklik en ‘n voorbeeld vir ons almal.

Vir meer inligting, kontak Sania by 082 556 8547