zany-jadraque-383781-unsplash.jpg

Kinderkerk

Leer 'n jongmens om die regte pad te kies, en wanneer hy eendag oud is, sal hy nie daarvan afwyk nie. Spreuke 22:6

Weet verseker, by KRUIKIDS hou ons nie die kindertjies besig nie, ons maak hulle volgelinge van Jesus (dissipels).

Ons doel is om elke kind wat aan ons

toevertrou word wedergebore en Geesvervuld die wêreld in te stuur, sodat hulle van jongs af Sy stem kan ken en Sy wil kan uitleef.

Almal tussen die ouderdom van 7 tot 13 jaar kom bymekaar in die kindervierkant voor die diens. 3 tot 6 jaar by die Graad R-klasse.


jeremy-bishop-102636-unsplash.jpg

Jeug

Die hartklop van die Jeugbediening is om te lewe in reaksie op God se liefde vir ons, en toe te laat dat Hy mense deur ons sal liefhê.

Ons wil graag tieners help om dissipels (volgelinge van Jesus) te wees en dissipels te maak in elke skool in Rustenburg.

Ons probeer om 'n energieke omgewing te skep waar elke tiener veilig hulle geloof kan ontdek en beoefen.

Ons wil Jesus volg.
Ons wil lewe binne 'n geestelike familie.
Ons wil uitreik na ander.

Sondae gedurende die diens
Fatima Bhayatstraat 170, Rustenburg
Henro 083 552 9196.